Welkom by EIKEBOOM slaghuis.
GEEN GE-EIKTE STORIE
Lank lank gelede om 'n vuurtjie by die vlei Het 'n blinkvet lamsboud van die kole af gegly Langsaan die gesmul, gegiggel en gelag Het 'n eensame eikeboom in die skaduwee gewag Die eik kon nie proe nie, sy lippe was van bas Hy loop toe na hier toe, af in Adam Tas Tot vandag toe staan en ruik hy as die Westewind roep En strooi dan sy blare oor ons slaghuis se stoep.

VLEIS OM VAN HUISTOE TE SKRYF
Koebaai verlange! Met ons nuttige aanlyn diens sal jy (amper) nooit weer huistoe verlang nie. Stuur ons jou vleisbestelling vir die maand en ons reël die res met jou ouers. En ja. Ons sal uiteindelik 'n app ook kry. Intussen, geniet studentwees. Ons is tog almal hier vir 'n stukkie vleis ook – nie waar nie?
DEUR DIK EN DUN
Ons is 'n familie van vleis – deel van 'n nasie van vleis. Sedert die 1800s voorsien ons Stellenbosch van die beste. Deur dik en dun. Dikwels in ons tjops. Bly ons gevestig. Van familiewaardes en familie-grootte snitte. Ons is hier om te braai. Hier om te bly. Kry vir jou en word deel van die familie vandag!

NUWE TAKKE
Ons kyk daarna om uit te brei en gesels graag om die vuur.
As jy opsoek is na nuwe groei vir jou blare, laat weet.
Ons hou julle op hoogte van nuwe takke in die toekoms.
Wildsvleis Verwerking
Game Meat Processing
Ons Brackenfell tak bied ook die verwerking van wildsvleis aan. Vir verdere inligting, kontak vir Jacques of Landria op 021 865 2559, of los jou besonderhede hier onder.

New to Eikeboom
our Weber Collection
COMING SOON... We've partnered with Weber to bring you some amazing products! Keep an eye out for the launch of these products...not to be missed!
Meet the Team


Jacques van Rensburg


Gerhard Fourie


Team Stellenbosch


Team Brackenfell

Operating hours
STELLENBOSCH:
- 800 - 1730
- 800 - 1300
BRACKENFELL:
- 845 - 1800
- 845 - 1400